Message for the New Year/ Boodskap vir die Nuwe Jaar

To our Millwood Mews residents.

Voorspoedige Nuwejaar …….. Happy New Year …… It doesn’t matter which language is used, but at the end of the year these words bring a message of new hopes and dreams for all of us.

Another year has gone by and looking back we realise that it wasn’t an easy one for some of us. Perhaps we lost loved ones or maybe we had to face trials and tribulations.  There were bright days and dark days, the latter urging us to ask: “Why?” Yet, here we are, survivors of it all!

The year 2013 has made way for the New Year, taking with it all our sad memories. Now that 2014 has dawned our wish is that you’ll be blessed with peace and happiness. Let’s avoid the byways and keep to life’s highways to make the year special – enjoy the journey and tell us what you have planned for the year ahead in the comments below!

On behalf of the Millwood Mews Trustees

Aan ons Millwood Mews Inwoners.

Happy New Year …….Voorspoedige Nuwejaar ……….. dit maak nie saak watter taal gebruik word nie, maar aan die einde van die jaar bring die woorde ’n boodskap van hoop en drome vir ons almal.

Nog ’n jaar is verby en as ons terugkyk besef ons dat die dit nie altyd maklik was vir sommige van ons nie. Miskien het ons geliefdes verloor of dalk moes ons deur toetse en beproewinge gaan. Daar was helder en donker dae en laagenoemde het ons altyd laat vra: “Hoekom?” Tog is ons hier en het dit alles oorleef!

Die jaar 2013 het plek gemaak vir die Nuwe Jaar en al ons hartseerdae met hom saamgeneem. Noudat 2014 oor ons land opgekom het is ons wens dat julle geseën sal word met vreugde en geluk. As ons die afdraaipaaie vermy, sal die hoofpad die jaar spesiaal maak – geniet die reis en vertel ons wat jy beplan vir die res van die jaar in die kommentaar blokkie hier onder!

Namens die Millwood Mews Trustees